Our Pride  Ons Trots

Wiskunde Olimpiade


Op 3 Augustus het agt van ons slimkoppe hulle Wiskunde-vaardighede gaan wys by die Distriksolimpiade wat plaasgevind het by La Montagne Primary. Hulle moes deelneem teen 33 hoofstroomskole se top Wiskunde-leerders en het hulself baie goed van hulle taak gekwyt! Hulle is ook bederf met heerlike pizza en koeldrank van een van ons mammas af!
 
Die deelnemers was as volg:
Gr 4:   Simoné Strydom & Pierre le Roux
Gr 5:   Joshua du Preez en Jermain Botha
Gr 6:   Anrich Meyer en Dayle Rademeyer
Gr 7:   Frances Kleingeld en Zander van Zyl
 
Twee van ons leerders, Joshua du Preez en Anrich Meyer, het ook deurgedring na die Distriksrondte van die Olimpiade, op 21 Augustus, by Laerskool Oost-Eind. Daar het hulle onderskeidelik vierde en derde plekke in hulle kategorie behaal!
Baie geluk aan al die deelnemers, hulle ouers en die onderwysers wat gehelp het met die voorbereiding! Ons is uiters trots op hierdie 8 Valies, wat Transvalia-Skool se naam so hoog gehou het!
 
Juf M. Maré & Juf R. van Heerden

Rugby Cravenspan



In hierdie rugbyseisoen het vier spanne deelgeneem: o/12, o/14, o/16 en eerste span.  Die spanne het goed gevaar in die wedstryde. 

Agt van ons seuns het die Cravenspan gehaal en hulle gaan in die eerste week van die Julievakansie in Durban deelneem aan die Cravenweek vir Buitengewone Onderwys.  Die Cravenspan het reeds deelgeneem aan die Bondedag op Potchefstroom.  

Op Woensdag 28 Junie is die lede se kleure tydens 'n spoggeleentheid by Transvalia-Skool aan hulle oorhandig.  Agter v.l.n.r.: Mev Beverley du Toit (Hoof), Dylan Moorcroft, Zandré Malan, Justin de Bruin, en Jared Kleynhans. Voor v.l.n.r.: Jared O'Neale, Dylon du Toit, Mnr Gerrie Botha, Mfundo Phalanndwa en Malcolm Hanekom. 

Jared O'Neale is ook tydens die funksie as onderkaptein van die span aangewys.  Ons wens die span alle sukses toe in hul wedstryde wat voorlê. 

- Pieter Joubert, Valie Nuus Kwartaal 2, 2017







Vusi Malete het 'n toekenning ontvang vir die 'Beste Senior Seun Baan Atleet' by die Interskole byeenkoms, Prestige (Noord-Gauteng) byeenkons en BOAK (SAs) kampioenskap!

Ons is baie trots op jou, Vusi!



 

Ons eie Ruben Augestyn doen trampolien gimnasitiek tot by SA's!

Ruben het in 2016 deelgeneem aan verskeie trampolien gimnastiek kompetisies. 
By die Gauteng-Noord byeenkoms het hy 'n brons medalje ontvang, asook by die Noord-Sirkel byeenkoms.  Hy het 'n algehele vierde plek by die SA's behaal.  

 

 

Daniel is in Graad 3 al 'n bo-baas visserman!  Hy was die gelukkige wenner van Die Baarshengelaar kompetisie en het in die tydskrif verskyn.


  Transvalia SLK/SLC 2017


Ontmoet ons SLK • Meet our SLK

 

Melvin – This LSEN (Learners with Special Education Needs) school lets me feel like I am in a mainstream school.  When I’m talking to my friends from other schools, the education feels universal.  In the hostel we feel like family. Rugby taught me the five values of the school, which I’ll cherish to reach success in my life.  I would love to make change within South Africa.  

 

Bennie – Transvalia-Skool het vir my kleiner klasse aangebied, saam met meer ondersteuning.  Die skool het ook vir my die kans gebied om op die SLK te wees.  Dit is vir my ‘n baie lekker skool en my gunsteling deel is wanneer ons op toere gaan. 

 

Wiaan – I enjoy the educational trips to interesting places.  The teachers are great and willing to help with everyday challenges.  I will always remember our LO teacher shouting with excitement when we do well in our schoolwork.  

  

Ricardo – Die individuele aandag vanaf die onderwysers aan my het my baie gehelp om te vorder.  Transvalia-Skool is ‘n skool van omgee, ‘n plek waar ek veilig voel, en die familie wat ek kon kies.  Transvalia-Skool het my die geleentheid gegee om ‘n liefde vir Afrikaans te ontwikkel.  Ek sal altyd die Prosperita-groep en –aktiwiteite onthou, en ook die persoonlike band wat ek met elke onderwyser het.  

 

Heidi – Deur die hulp van onderwysers het ek akademies gevorder, veral wanneer ek sou twyfel of ek dit sou maak.  Ek voel trots op my skool, en sonder Mnr. Venter (adjunkhoof) se bystand sou dit nie moontlik gewees het nie.  Die lekker tye op die kampe sal altyd my gunsteling tye wees.